-
Self-leer: 1 week
-
Aanlyn leer: 1 week
-
Aanlyn lewendige sessies: 2 ure
-
Praktiese toepassingstake: 10 ure
Kursus oorsig
Die Canva Opleiding is ’n praktiese, gebruikers-vriendelike aanlyn kursus wat jou help om Canva met selfvertroue te gebruik om professionele en aantreklike visuele materiaal te skep.
Die opleiding word deur Leersirkels van Hoop, in samewerking met Helderberg Uitreik, aangebied en is geskik vir beginners én persone wat reeds Canva gebruik, maar graag meer van die platform se moontlikhede wil ontdek.
Die kursus word op Authentilife se Leer Platform aangebied, sodat deelnemers die leermateriaal aanlyn kan deurwerk en prakties kan oefen. Dit word aangevul met Teams-sessies vir demonstrasies, ondersteuning, vrae en praktiese toepassing.
Die doel is eenvoudig: om jou toe te rus om jou idees self in mooi, doelgerigte visuele kommunikasie te omskep.
Kreatiewe idees. Sterker gemeenskappe. Saam.
Wat jy
sal leer
- Canva te navigeer en die belangrikste funksies te gebruik
- Bestaande sjablone aan te pas en eie ontwerpe te skep
- Kleure, lettertipes, foto’s, grafika en ander elemente effektief te kombineer
- Uitnodigings, plakkate, sosiale media-plasings, aanbiedings en ander kommunikasie-materiaal te ontwerp
- ’n Konsekwente en professionele voorkoms in ontwerpe te skep
- Canva se nuttige hulpmiddels te gebruik om vinniger en meer kreatief te werk
Kursusmodules
Marléne Burden
Marlene die fasiliteerder skep ’n veilige, energieke leeromgewing waar mense gesien, gehoor en uitgedaag voel. Met jare se praktiese ervaring en ’n diep begrip van menslike ontwikkeling, maak sy komplekse inhoud eenvoudig en toepaslik. Haar styl is warm, interaktief en doelgerig—sy bou 'n brug tussen kennis en aksie, sodat elke deelnemer met selfvertroue en duidelike volgende stappe wegstap.
Potensiële leerders word hartlik uitgenooi om deel te wees van hierdie leer reis—’n ruimte waar groei aangemoedig word, vaardighede ontwikkel word en jou potensiaal werklik ontsluit kan word.